Helena Zwarts

 Helena Zwarts
Helena Zwarts
Description
Ek glo elke vrou verdien ’n nuwe denkpatroon wat tot ’n vervulde en gelukkige lewe sal lei. Met Jesus as my Stuurman en die Gees as my kragbron, help ek verslae en verslaande vroue om weer eens ’n reis aan te pak. ’n Reis waartydens sy, binne ’n veilige spasie, haar gedagtes, emosies, optredes, gedragspatrone, verhoudings en die onderliggende demotiveerders onder ’n vergrootglas kan plaas en kan ontdek wie die werklike sý is.

As jy vasgevang voel en al jare lank die sewe sakke sout van ’n doellose, uitsiglose bestaan gevul met woede, bitterheid, verwerping, hoë stres en ’n negatiewe selfbeeld met jou saamsleep, kontak my.

Want jy verdien ’n nuwe storie. Met my Sukses-sonder-sweet-program lei ek jou op ’n ontdekkingstog waartydens jy jou volle potensiaal sal ontdek. Jy is immers die outeur van jou eie lewensverhaal. Kom ontdek jou droom, jou hoekom, jou energiestelers, jou stresbouers, jou funksionering en jou kapasiteit sodat jy jou uitdagings suksesvol kan aanspreek en oorwin.

My persoonlike reis het my in duisende sirkels laat loop, maar uiteindelik het ek uitgekom by God se droom vir my lewe: naamlik om ander vroue in nederigheid te dien met die skryf van hul eie unieke storie.

Currently working with

No organisations found.

Certificates

Name Number Valid till
Certification (associate) Coach ICR.COACH.CERTIFICATION (ASSOCIATE).HELENA-ZWARTS.2023-07-01.JTTBBQ 2029-01-01

Memberships and specialisms

Contact Helena Zwarts

  • How can i help you